Pakistan: Taliban vermoor drie buitelandse Christelike hulpwerkers

Nadat die Taliban gewaarsku het dat hulle buitelandse hulpwerkers en Christelike organisasies sou aanval, is veiligheid verhoog, maar Woensdag het die owerhede die lyke van drie Christelike noodlenigingswerkers teruggevind wat deur lede van die Pakistanse Taliban in die vloedgeteisterde land ontvoer en vermoor is. Hul name is weerhou en die agentskap bly om veiligheidsredes naamloos. Militêre bronne het nuus van die sterftes van elektroniese en gedrukte media weerhou om ander noodlenigingswerkers paniekerig te raak, maar hulle het toestemming aan Compass verleen om dit in beperkte vorm te publiseer. Met verwysing na beweerde diskriminasie teen minderhede in die verspreiding van humanitêre hulp het 'n bron bygevoeg dat Christene in erg vloedbeskadigde gebiede in die Punjab-provinsie verwaarloos is. (Sien Gebedswaarskuwing 3210) Die meerderheid van die geaffekteerde Christene in Punjab is in Narowal, Shakargarh, Muzzafargarh, Rahim Yar Khan en Layyah.

Bid: vir God se beskerming en voorsiening vir Christene, en dat hebsug deur Christelike etiek vervang sal word. (Lev. 25:35)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/pakistan/24862/