Print this page

Pakistan: Verkiesingsgebedsveldtog

Pakistan voer 'n voortgesette oorlog teen terrorisme, Talibanisering, ekstremisme en radikalisering terwyl hulle in Mei na die stembus gaan. Hulle verwag opreg dat demokrasie goeie bestuur sal bring wat hulle uit die moeras van probleme sal verlos. Verkiesing-2013 sal van wesenlike belang wees en langtermyngevolge vir demokratiese konsolidasie in Pakistan hê. Die Nasionale Gebedsnetwerk van Pakistan het in vennootskap met plaaslike kerke in Desember 2012 'n gebedsveldtog begin wat fokus op die 2013 Algemene Verkiesing. Die veldtog het ten doel om Christene regoor Pakistan te motiveer om vir die komende verkiesing te bid, en glo dat aanhoudende gebed die verkiesingsproses sal beïnvloed. Die veldtog fokus ook op 'n geestelike en morele ontwaking van die Kerk en vir die genesing van die nasie. Ons word gevra om te bid vir die Kerk se Geestelike Ontwaking tot die krag van gebed om dinge te verander. Sien: http://www.prayerconnect.net/news/prayer-connect-news/taliban-prayer-focus

Bid: God sal die Pakistanse Kerk lei tot 'n herlewing deur die lewensveranderende krag van Jesus Christus in haar midde, en 'n ware kulturele transformasie. (Spr.11:14)

Meer: http://www.facebook.com/pages/National-Prayer-Network-Pakistan/251652868252?sk=photos_stream