Groot dele van Pakistan is steeds onder water ná onlangse vloede. Pakistan is 'n land wat reeds diep in die skuld is met miljoene mense wat op voedselhulp staatmaak aangesien hulle eers volgende jaar rys en koring sal kan verbou. Skenkers was huiwerig om te gee aan 'n land met 'n reputasie vir militantheid en korrupsie en die VN het net die helfte van die $2 miljard ingesamel wat dit aan die vloedslagoffers belowe het. Hierdie mense is reeds baie arm en sukkel om te oorleef. Boonop kom die winter nader en baie ondervind 'n gebrek aan voldoende kos, warm klere en verhittingsbrandstof. Noodlenigingsorganisasies doen wat hulle kan om te help, maar die behoefte lyk oorweldigend. Ons word gevra om die arm mense van Pakistan in ons gebede te onthou terwyl hulle die koue wintermaande tegemoetgaan sonder voldoende skuiling, klere, kos en hitte. Die vroue en kinders ly die meeste, veral in gebiede wat nog nie bereik is deur agentskappe wat lewensreddingshulp versprei nie.
Bid: dat die organisasies wat in Pakistan dien die finansiële hulpbronne sal hê om hul projekte voort te sit. Bid ook vir die veiligheid van plaaslike gelowiges.