Moslems het op Vrydag 24 Desember betogings begin teen planne om Pakistan se godslasteringswette te verander, nadat 'n Islamitiese leier byna $6 000 aangebied het vir die moord op 'n Christenvrou wat hy daarvan beskuldig het dat hy Islam beledig het. Spanning het gestyg oor 'n regeringsministerie se aanbeveling om Asia Bibi, 'n Christenvrou wat ter dood veroordeel is vir godslastering vry te laat. Die saak het 'n regeringsondersoek bespoedig of die wette oor godslastering verander moet word, wat gelei het tot die vonnisoplegging van Christene regoor die land. Vrydag se betogings is aangemoedig deur die Pakistanse geestelike Moulana Yousaf Qureshi wat 'n finansiële toekenning aangekondig het vir enigiemand wat Bibi vermoor. 'Ek sal 500 000 roepies ($6 000) betaal vir die lojale volgeling van Mohammed wat Asia Bibi onthoof,' het hy vroeër hierdie maand aan 'n skare van 'n paar honderd mense gesê. Die bedrag is meer as ses keer die land se gemiddelde jaarlikse loon. (Sien Gebedswaarskuwing 4910)
Bid: dat Asia Bibi haar volle vryheid in veiligheid sal verkry - en dat die voorgestelde veranderinge aan die godslasteringswette suksesvol sal wees. (1Pet.2:16)
Meer: http://www.worthynews.com/9851-muslim-protests-as-cleric-offers-thousands-for-killing-christian