'n Onskuldige spelfout deur 'n Christelike skoolmeisie het genoegsame gronde bewys vir Moslems om haar van godslastering te beskuldig. Sir Syed Girls' High School het die ongewone stap geneem om een van sy studente van godslastering te beskuldig en haar uit te sit nadat sy 'n woord verkeerd gespel het terwyl sy 'n vraag beantwoord het oor 'n gedig wat profeet Mohammed prys. Ook 'n geestelik siek Christenman is dood terwyl hy in die tronk in Lahore aangehou is op aanklag van godslastering. Aslam Masih het ook aan tuberkulose gely ten tyde van sy dood. Bron: http://claas.org.uk/ Ook verlede Woensdag het 'n skare van 40 Moslem-ekstremiste die Christelike gemeenskap van Ahata Kamiyan geteiken en die 25-jarige Sabir Masih vermoor en 21 ander beseer. Die beseerdes, hoofsaaklik vroue en kinders, is onmiddellik na 'n hospitaal in Multan geneem.
Bid: dat God die baie geïsoleerde Christelike gemeenskappe in Pakistan sal beskerm terwyl hulle hul geloof volg. (Ps.5:11)