Abdul Sattar Khan, hoof van 'n Moslem-dorpie in die Punjab-provinsie, het 250 Christengesinne beveel om hul huise te verlaat nadat Christen-inwoners te heftig beswaar gemaak het teen seksuele aanranding deur Moslems op Christenmeisies en -vroue. Die meeste van die Christenmans werk in die veld van Moslem-grondeienaars terwyl die Christenvroue en -meisies dienaars in die Moslemhuise is. Die verarmde Christene leef in haglike omstandighede. Werkgewers gebruik hul magtige posisies om die Christenvroue en -meisies gereeld seksueel aan te rand. Toe vier Christenmans die Moslemmans op aanklagte van mishandeling gekonfronteer het, is die hele Christengemeenskap aangesê om te gaan. "Die Moslem dorpenaars het die uitsettingsbevel gegee toe meisies en vroue totaal geïrriteerd geraak het omdat hulle daagliks seksueel aangeval of gedwing is om egbreuk te pleeg deur Moslems," het 'n Christelike politieke leier gesê.
Bid: vra God om die onregverdige onderdrukkende gees van mishandeling wat die Christene in hierdie deel van Pakistan ondervind het, te verwyder. (Am.9:15)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/pakistan/21375/