Pakistan: Christene vra vir die herroeping van wette oor godslastering

Riaz Anjum Masih, voorsitter van die Pakistan Christian Movement het die behoefte aan eenheid onder die Christene van Pakistan beklemtoon en versoek hulle om 'n verenigde poging te loods om alle diskriminerende wette teen minderhede te skrap. Hy het ook gevra vir die herroeping van die dele van die grondwet wat na bewering teen godsdienstige minderhede diskrimineer. 'Alhoewel die grondwet van Pakistan eenparig ooreengekom is, het die Christene en ander godsdienstige minderhede 'n paar bedenkinge daaroor.' het Masih gesê. Hy het verder gesê dat dit volgens die grondwet nodig is om 'n Moslem te wees om hoë regeringsposte te verwerf. Hy het belowe om 'n stryd vanaf die platform van die Pakistan Christian Movement te begin om te sien dat die aantal gereserveerde setels vir minderhede toeneem. Masih, wat sy planne vir die opheffing van die Pakistanse Christengemeenskap onthul het, het gesê hulle sal 'n Christelike opvoedkundige fonds stig om opvoedkundige geleenthede aan Pakistanse Christene te bied, aangesien dit noodsaaklik is vir hulle om hoër onderwys te kry.

Bid: dat God die stem van die Pakistanse Christelike Beweging sal versterk en vars standaarde van geregtigheid in daardie land sal voorsien. (1Pt.4:10-11)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2010/s10040032.htm