Moslemstudente het 'n Christelike professor by die Peshawar Universiteitskollege vandeesmaand aangeval nadat hy hul eis om tot Islam te bekeer, geweier het. Sielkunde Professor Samuel John, 'n pa van vier wat al 12 jaar by die kollege onderwys gee, het gesê toe hy op 14 Junie uit sy huis op die kampus gekom het, het sowat 20 tot 25 studente hom gehaas en aangerand. Toe sy vrou hoor wat gebeur, het sy gehardloop om hom te help, maar die studente het haar ook geslaan. Beide die professor en sy vrou is na die hospitaal gehaas, waar hulle vir hul beserings behandel is, met John in 'n kritieke toestand. Hy het die saak by die dekaan van die kollege aangemeld, maar die amptenaar kon geen stappe doen nie omdat die Islamitiese studenterade deur politieke partye en magtige Islamitiese groepe ondersteun word, het die professor gesê. "Ek kry steeds dreigemente en sê, verlaat die universiteit of aanvaar Islam – as jy nie tot bekering kom nie, sal ons jou familie doodmaak."
Bid: vir God se beskerming oor al sy mense terwyl hulle vasstaan vir hul oortuigings. (1Kor.16:13)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/pakistan/22047/