Pakistan: Christen vermoor in die tronk

Qamar David het teen sy lewenslange vonnis van 2010 weens godslastering geappelleer, maar is op 15 Maart dood in sy sel in Karachi se hooftronk gevind. Tronkowerhede het sy dood aan 'n hartaanval toegeskryf, maar dit is bevraagteken deur kerkleiers en menseregte-aktiviste wat vir 'n onafhanklike lykskouing gevra het. Advocacy Direkteur van Christian Solidarity Worldwide het gesê: 'Gegewe die dreigemente wat bekend is vir godslastering-gevangenes, is dit noodsaaklik dat die ware oorsaak van sy dood behoorlik en onafhanklik ondersoek word.' David se prokureur het altyd volgehou die bewerings is valslik gemaak deur 'n sakemededinger, wat gelei het tot druk van plaaslike godsdienstige geestelikes en hul ondersteuners vir die skuldigbevinding. Sy dood het kommer uitgelok net twee weke ná die sluipmoord op Pakistan se minister van minderhede vir kritiek op die wette oor godslastering. Mnr Johnston het gesê dat David se dood die dringende behoefte beklemtoon om Bhatti se werk voort te sit.

Bid: dat God alles sal voorsien wat Sy mense in Pakistan nodig het in tye van vervolging en dat die godslasteringswette herroep sal word. (Fil.1:6)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/pakistani.christian.appealing.blasphemy.sentence.found.dead.in.prison.cell/27676.htm