Met die histerie oor die arrestasie van 'n Christenmeisie met Downsindroom op 'n aanklag van godslastering (Sien Gebedswaarskuwing 34-2012) is die liggaam van die 11-jarige Samuel Yaqoob in die Punjab-provinsie gevind met sy lippe en neus afgesny, sy maag verwyder en sy bene vermink. Die lyk is erg verbrand en familielede het die lyk aan 'n kenmerkende merk op die seun se voorkop uitgeken. Yaqoob, 'n inwoner van die Christelike Kolonie van Faisalabad, is op 20 Augustus laas gesien op pad na 'n plaaslike mark. Sy oorskot is op die laaste dag van Ramadan gevind. Speurders ondersoek of beskuldigings van godslastering voorheen teen die minderjarige ingedien is. Wanneer ’n Christelike groep daarvan verdink word dat hulle die godslasteringswette oortree, kan die gevolge wreed wees, berig die World Public Forum NRO.
Bid: dat God die gesinne en gemeenskappe wat deur hierdie tragedie geraak is, sal vertroos en vir 'n verandering in Pakistan se godslasteringswette. (Ps.123)
Meer: http://rt.com/news/boy-torture-pakistan-christian-440/