Print this page

Pakistan: Liefdadigheidswerkers vermoor

Twee gesondheidswerkers en vyf onderwysers is op 1 Januarie in die noordweste van Pakistan doodgeskiet. Hulle was almal Pakistanse burgers en is aangeval naby 'n skool en kliniek wat spesialiseer in moedergesondheid. Militante wat 'n inentingsprogram teiken, word vermoed. In Desember het 'n reeks aanvalle nege gesondheidswerkers gedood wat in 'n nasionale polio-inentingstog in diens was. Pakistanse Taliban het die inentingsveldtog al lank veroordeel as Westerse komplotte om inligting in te samel of om Moslem-kinders te steriliseer. Die moorde het die VN-kinderagentskap en die Wêreldgesondheidsorganisasie genoop om werk aan polio-veldtogte in Pakistan op te skort. Pakistan is die enigste land waar daar openbare teenstand teen immuniseringsprogramme is en gesondheidswerkers betaal 'n duur prys vir hul pogings. Duisende van hulle val elke paar maande die strate op om kinders regoor die land te immuniseer en hulle doen dit ondanks 'n groeiende risiko vir hul lewens.

Bid: die geestelikes wat FM-kanale gebruik om gesondheidsprogramme te verwerp, sal ophou om diegene uit te daag en te weerstaan wat probeer om die armes en siekes in behoeftige gebiede te help; kan polio uit Pakistan uitgeroei word.

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-20880948