Print this page

Pakistan: Ongegronde bewerings teen Christian

Die polisie in Pakistan het 'n jong Christenman van godslastering aangekla ná 'n argument met Moslems oor 'n biljartspeletjie in die Punjab-provinsie se Sheikhupura-distrik. Sajid Inayat, 20 jaar oud, is Vrydag (18 Mei) gearresteer en daarvan aangekla dat hy die Koran onteer het onder die land se omstrede wette oor godslastering. Artikel 295-B maak opsetlike ontheiliging van die Koran of gebruik van 'n uittreksel op 'n neerhalende wyse strafbaar met lewenslange gevangenisstraf. Sy familielede het telefonies aan Compass gesê dat hy valslik beskuldig is ná 'n argument met 'n paar plaaslike Moslem-seuns oor 'n biljartspeletjie net twee dae voor die beweerde voorval. Hy het Vrydag die Moslem-seuns ontmoet met wie hy voorheen gestry het, hulle het hom daarvan beskuldig dat hy 'heilige bladsye' wat in 'n boks op 'n elektrisiteitspaal geplaas is, aan die brand gesteek het. Hy het hulle gevra hoekom hy so iets sou doen. ’n Onderonsie het ontstaan, ’n skare het saamgedrom en hy is gearresteer. Daar is geen getuies van die aanklagte wat teen Inayat gemaak is nie.

Bid: dat die waarheid sal uitkom, ware geregtigheid sal geskied en 'n onregverdige wet afgeskaf sal word.(Ps.119:86).

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/pakistan/article_1550261.html