Die biskop van Peshawar in Pakistan vra Christene om te bid nadat 'n kerk vernietig is. Volgens Anglikaanse Alliansie het duisende mense verlede week die kompleks in Mardan, naby Peshawar, bestorm. Hulle het die kerk afgebrand en die huise van twee priesters en die hoofonderwyser van die kerkskool verwoes. Die aanvallers het ook nuut geïnstalleerde rekenaars van die skool gebuit voordat hulle dit aan die brand gesteek het. Niemand is in die aanval beseer nie, maar biskop Humphrey Peters het gesê die skade was 'baie ernstig'. 'Ons sal moet herbou. Ons vra vir mense regoor die wêreld om ons in hul gebede te hou,' het hy gesê. 'Die regering en geloofsleiers in Pakistan het 'n rol om te speel om mense op te voed dat hulle die reg het om te protesteer, maar om eiendom te beskadig en mense op hierdie manier te verskrik is heeltemal verkeerd. Die regering en geloofsleiers moet die leiding gee om aanvalle te voorkom,' het hy gesê.
Bid: dat God saam met die gelowiges sal kom en hulle sal beskerm teen diegene wat hulle vervolg. (Ps.119:157)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/appeal.for.prayers.after.pakistan.church.stormed/30693.htm