Verkiesings is verlede naweek afgehandel. Alhoewel daar betogings en terreuraanvalle was (ongelukkig het meer as 130 hul lewens verloor), is die uitverkorenes relatief duidelik omskryf en kan die land vorentoe beweeg. Pakistan is op die rand van ekonomiese ineenstorting en sy burgers het verskriklik gely onder 'n onlangse styging in terrorisme. Bid asseblief vir die nuwe regering om met sukses wyse taktiek vir beide hierdie desperate situasies aan te wend. Daar is spanning met die naburige Afghanistan en Indië, tesame met die frustrerende en ongewilde vennootskap teen terreur met die Verenigde State. Bid asseblief vir wysheid vir Nawaz Sharif, dat hy sy land in die regte rigting kan draai. In die verlede het Sharif meer belangstelling getoon om sy politieke mag te konsolideer as om doeltreffend te regeer. As sy derde keer in sy amp anders gaan wees, sal hy moet fokus op die ekonomie, binnelandse orde en buitelandse betrekkinge.
Bid: ook vir die openheid van nuwe leierskap om die stemme van die godsdienstige minderhede te hoor en hulle toe te laat om in vrede te lewe.(Spr.4:6)