’n Kragtige aardbewing het minstens 250 mense in Pakistan se afgeleë suidwestelike provinsie Balochistan doodgemaak. Die aardbewing van 7,7 op Richter het Dinsdagmiddag op 'n diepte van 20 km (13 myl) noordoos van Awaran plaasgevind. Baie huise is platgeslaan en duisende mense het in die oopte oornag. Ná die aardbewing het ’n klein eilandjie langs die kus naby die hawe van Gwadar verskyn. Die nuwe eiland is na berig word ongeveer 200m (656ft) lank, 100m (328ft) breed en 20m (65m) hoog. Die streek is geneig tot aardbewings. Die jongste aardbewing was so kragtig dat dit so ver as Karachi, Hyderabad en Indië se hoofstad, Delhi, gevoel is. Daar word berig dat hele dorpe platgevee is in die verarmde en ylbevolkte distrik Awaran. Jan Buledi, woordvoerder van die Balochistan-regering, het gesê die meeste van die sterftes was in die dorp Awaran en die omliggende dorpe, en hy het gewaarsku dat die dodetal kan styg. Minstens 340 mense is beseer.
Bid : vir almal wat deur hierdie aardbewing geraak is en dat verligting hulle vinnig sal bereik.