Noord-Irak, nie meer veilig vir Christene nie

'n Toename in geweld teen Christene in Noord-Irak het die vloei van Christene wat die land verlaat, laat toeneem. Die noorde, wat algemeen beskou word as 'n relatief veilige gebied van die land, het tuiste geword vir baie Christene wat uit die onstuimige sentrale en suidelike streke gevlug het. Verskeie bomaanvalle in die noorde die afgelope maande het egter paniek onder die Christelike gemeenskap veroorsaak. Op 22 September het 'n selfmoordbom buite die huis van 'n Christelike politikus in die Kirkuk-provinsie afgegaan en 19 mense, insluitend drie kinders, beseer. Verskeie bomaanvalle het ook in die noordelike stad Erbil plaasgevind, waarvoor Al-Kaïda verantwoordelikheid aanvaar het. Vroeg in September het Christene in die dorpie Deshtakh gekla dat hulle teistering deur die plaaslike polisie in die gesig staar. 'n Groep Christen-jongmense het gesê dat polisiemanne vir hulle gesê het dat hulle 'nie in Irak moet wees nie, want dit is Moslem-gebied'.

Bid: vir die toekoms van Christenskap in hierdie land en 'n einde aan die huidige tendens van toenemende geweld. (SoS.2:12)

Meer: http://www.worldwatchmonitor.org/2013/10/2763837/