Drie leiers van 'n ondergrondse huiskerk in Noord-Korea is tereggestel en 20 Christen-genote in die tronk gesit nadat die polisie 'n huis toegeslaan het en al 23 gelowiges gearresteer het wat vir 'n 'godsdiensfunksie' bymekaargekom het. Drie 'ringkoppe' is verhoor, ter dood veroordeel en kort daarna tereggestel. Die ander 20 is glo na gevangeniskamp nr.15 in Yodok gestuur. Die arrestasies en teregstellings het in Mei plaasgevind, maar nuus het pas na vore gekom. Die gebeure is bevestig deur Noord-Korea Intellektuele Solidariteit, 'n groep Noord-Koreaanse oorlopers gebaseer in Seoul wat daartoe verbind is om bewustheid van onreg te verhoog en hervorming in hul tuisland te bevorder. Die 23 Christene het tot geloof gekom nadat 'n paar vir sake na die vasteland van China gereis het en met Christene in aanraking gekom het.
Bid: dat Christene in Noord-Korea kragtig God se beskermende voorsiening sal ervaar terwyl hulle in die geheim aanbid en in vrees vir hul lewens lewe. (Ps.9:12-13)