Etlike honderde Suid-Koreaanse kerkleiers, saam met internasionale voorbidders en gebedsleiers, sal naby die DMZ, die grens tussen Noord- en Suid-Korea, bymekaarkom om te bid vir die Here se bevryding en transformasie van Noord-Korea, waarskynlik die mees onderdrukkende en bose situasie op aarde - Gebedsinisiatief vir Noord-Korea, 18-22 September. Die skakel hieronder wys 'n pas voltooide gebedsvideo oor Noord-Korea wat saam met PINK gebruik sal word. Hierdie harde, hartroerende video is vervaardig deur Ken An en SohMyoung Lee, Koreaanse filmvervaardigers met die Pan Pacific Film Festival in Los Angeles. Sien dit asseblief, laat jou hart gebreek word, en bid vurig vir die bevryding van Noord-Korea en herintegrasie met sy suidelike suster van Suid-Korea. Deel die video met voorbidders en gebedsleiers waarmee jy in kontak is.
Bid: vir Sy salwing, leiding en eenheid in die Gees vir hierdie deurslaggewende inisiatief. Mag ons almal God se hart vir Noord-Korea hê. (Jer.29:11)
Meer: http://www.youtube.com/watch?v=hv6E2ReEbGI&feature=youtu.be