Die kommunistiese staat het die afgelope weke 'n reeks dreigemente teen beide Suid-Koreaanse en Amerikaanse teikens uitgereik, waarop die VSA gereageer het met hoëprofielbewegings van gevorderde vliegtuie en oorlogskepe rondom die Koreaanse skiereiland. (Sien Gebedswaarskuwing 12-2013) Die meeste mense glo dat Noord-Korea nie 'n algehele oorlog wil hê nie, al is hulle van plan om fasiliteite by sy Yongbyon-kernkompleks te herbegin. Die stap het gekom 'n dag nadat Pyongyang 'n 'nuwe strategiese lyn wat op sy kernprogram en ekonomie fokus' aangekondig het. Die lewe in Noord-Korea word deur hongersnood geteister. ’n Man in Suid-Hwanghae is deur ’n vuurpeloton dood nadat verneem is hy het sy twee kinders geëet, het die Sunday Times onlangs berig. Noord-Korea wou nie die weergawe van die teregstelling bevestig of ontken nie, maar dit is nie die eerste keer dat die kommunistiese regime glo inwoners gestraf het wat hulle tot kannibalisme gewend het om aan die lewe te bly nie. Lees meer: http://www.nydailynews.com/news/world/report-starving-north-korean-father-resorts-cannibalism-article-1.1250773#ixzz2PO2jG2i6
Bid: dat die aggressiewe retoriek en militêre houding nie tot teenaksies sal lei nie en bid vir stabiliteit en kalm kommunikasie. (Ps.2:1-2 & Ps.113:4-6)
Meer: http://www.guardian.co.uk/world/2013/apr/02/us-north-korea-nuclear-plan