Christelike groepe is onder die ondertekenaars van 'n ope brief aan die nuwe Noord-Koreaanse leier wat 'n beroep op die beëindiging van menseregtevergrype in die land doen. 24,5 miljoen mense in Noord-Korea 'leef in vrees' vir arbitrêre aanhouding, verdwyning, marteling of dood. Die groepe veroordeel die aanhouding van 200 000 mans, vroue en kinders om politieke redes in die tronk of arbeidskampe; vra vir 'n einde aan die opsluiting van familielede van politieke gevangenes weens 'guilt by association'. Hulle veroordeel die politieke elite omdat hulle 'soos koninklikes' leef terwyl miljoene wydverspreide honger, wanvoeding en 'n gebrek aan gesondheidsorg ly. President van 'Oop Noord-Korea' het gesê: 'Kim Jong-un moet na sy nalatenskap kyk. Hy het die geleentheid om onthou te word as die leier wat vryheid aan die mense van Noord-Korea herstel het.'
Bid: Noord-Korea sal sy verpligtinge ingevolge internasionale verdrae nakom en toegang verleen tot menseregtemonitors van die Verenigde Nasies en die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis. (Ps.45:23-26)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.back.human.rights.plea.to.kim.jongun/29141.htm