Print this page

Noord-Korea: Straf oor gevange oorlopers het verskerp

Die aantal Christene in Noord-Korea is onbekend. Hulle steek óf hul geloof weg óf staar verskriklike gevolge in die gesig. Mense is tereggestel omdat hulle 'n Bybel besit. Baie Christene word as 'politieke gevangenes' na konsentrasiekampe gestuur en aan marteling, mishandeling, teregstelling onderwerp of bloot doodgewerk. 'n Betroubare bron berig dat 'die nuwe jong leier Kin Jong Un die ondergrondse Christelike kerk beskou as 'n bron van weerstand teen sy ongetoetste leierskap, en onderdruk Christene selfs erger as sy vader. 'n Ander bron berig, '10% van Noord-Koreaanse Christene wat na Suid-Korea ontsnap en na China terugkeer om in Christelike bediening te werk, word deur ondergrondse Noord-Koreaanse Staatsveiligheid uit China ontvoer en na Noord-Korea geneem, gemartel vir inligting en vermoor.'

Bid: vir beskerming en uithouvermoë vir die dapper ondergrondse kerk wat onder hierdie uiterste omstandighede leef, dat God vir Kim Jong Un genadig sal wees en sy hart sal verander teenoor oorlopers in hul poging vir vryheid van spraak en oortuigings. (Ps.3:8)

Meer: http://www.releaseinternational.org/media/download_gallery/RELEASE%20MAG%2071%20linked.pdf