Noord-Afrika en die Arabiese Skiereiland het ons gebed nou dalk meer nodig as enige ander tyd. God kan meer doen as wat ons dink of verwag as Christene regoor die wêreld spesifiek begin bid dat die areas van onrus deur Sy Heilige Gees genees en herstel word. Die Muur van Kommunisme het ineengestort omdat mense gebid het. In die Arabiese Skiereiland is verhoogde geestelike bewustheid opgemerk as gevolg van die gebedsbeweging van die 90's bekend as Praying through the Window. Vandag sien ons die kettings van Islam bind meer as 'n miljard mense in 'n politieke en godsdienstige stelsel wat mense die kans ontsê om die evangelie van hoop vir 'n verlore wêreld te hoor. Dit kan verander word deur gebed.
Bid: vir baie Christene om God se oproep tydens Lydenstyd te hoor om in geloof te bid vir diegene wat nie in die dood en opstanding van Jesus glo nie. (Hab.2:14)