Abba Moro, Nigerië se minister van binnelandse sake, het gesê die weermag maak vordering in die oorlog teen Boko Haram ondanks die moord op 44 mense Sondag in 'n moskee. Hy het die aanval as 'desperaat' en 'geïsoleer' afgemaak en aan die BBC gesê 'Die veiligheidsagentskappe van Nigerië kon die Boko Haram-sekte uit hul groot vestings stoot.' Duisende ekstra soldate is na die noordoostelike state gestuur sedert 'n noodtoestand in Mei aangekondig is. Maandag is 32 militante, 2 soldate en 'n polisieman in botsings met Boko Haram in Borno-staat dood toe troepe suksesvol terroriste afgeweer het wat 'n militêre basis aangeval het. Ons word gevra om aan te hou bid dat Boko Haram se planne om 'n Islamitiese kalifaat in die land te vestig, sal misluk. Meer as 2 000 mense is dood sedert terroriste begin het met moorde en bomaanvalle meestal in die noordelike deel van die land. Sien ook: http://zeenews.india.com/news/world/nigeria-clashes-between-boko-haram-and-army-35-killed_867088.html
Bid: God sal voortgaan om die vasberadenheid en vermoëns van Nigerië se regering en weermag te versterk in sy stryd teen terreur. (Ps.37:10-11)