Print this page

NIGERIA: Gebed is die antwoord

Sedert Nigerië se regering bewys het dat hy nie in staat is om die land se Christene te beskerm nie, het die militante Beweging vir die Bevryding van die Nigerdelta belowe om hulle te beskerm deur Islamitiese instellings te teiken met vergeldende geweld. Verlede jaar is byna 70% van alle Christene wat wêreldwyd vermoor is, volgens International Christian Concern in Nigerië vermoor. As sektariese oorlogvoering uitbreek, kan Nigerië die dodelikste plek op aarde word om 'n Christen te wees. Sien: http://www.worthynews.com/12256-is-sectarian-war-stewing-in-nigeria Bekende geestelike, profeet Kayode Abiara het verklaar dat die situasie in die land dringende gebed vereis en nie revolusie nie. Hy het Nigeriërs aangemoedig om onophoudelik vir die nasie te bid en gesê dit was gebede wat die land bymekaar gehou het – as nie vir gebede van beide Christene en Moslems nie, sou die land nou ineengestort het. Ons moet God dank vir die kerke en die moskees. Die oproep deur sommige mense vir revolusie is misplaas. In plaas daarvan om bloed te vergiet deur revolusie, moet Nigeriërs bid. God verhoor gebede.

Bid : dat diegene in gesagsposisies God se seën van wysheid en insig in elke situasie sal hê en mag die Kerk God se beskerming ervaar terwyl hulle verenig staan. (Ps.133)

Meer: http://www.persecution.org/2013/04/30/prayer-will-save-nigeria-not-revolution/