15 000+ Nigeriese Christene sal vanjaar aan die 2012-pelgrimstog na Jerusalem deelgeneem het. Tot dusver het 11 060 pelgrims Israel besoek en meer word verwag. Die 2012 Christelike pelgrimstog sal op 24 Desember eindig. Die enigste veranderinge in planne was dat besoeke aan Berg Sinai opgeskort is weens ongunstige sekuriteitsverslae. Die Israeliese owerhede vergeld Nigerië se liefde vir Israel deur altyd die pelgrims se verblyf in die Heilige land die moeite werd te maak. Sien: Intussen by die huis, vra Nigeriese Christene kerke regoor die wêreld om te bid vir hul veiligheid teen dodelike aanvalle hierdie Kersfees, te midde van hernieude dreigemente. Boko Haram het Christene van die noorde van Nigerië aangeval. Tientalle is die afgelope twee jaar in bomaanvalle tydens Kersdienste dood. Kerkleiers hierdie jaar is 'baie bekommerd' en glo dat die veiligheidsituasie nie Nigeriese Christene sal beskerm wat op Kersdag kerk toe gaan nie. Boko Haram het meer as 770 Nigeriërs in 2012 vermoor.
Bid: dat die pelgrims in die buiteland en die vervolgdes by die huis hierdie Kersfees geestelik opgehef sal word en dat die Nigeriese regering meer sal doen om gemeentes te beskerm en gewelddadige ekstremisme te stuit. (Ps.145:18-20)
Meer: http://www.persecution.org/2012/12/15/nigerian-christians-fear-attack-on-christmas/