Nigerië: Moslem-jeugdiges val kerke en huise aan
Nog 'n aanval teen Nigeriese Christene noord van Joshas het plaasgevind. Twee kerke en 'n pastoor se huis is verwoes. In hierdie mees onlangse gebeurtenis het soveel as 100 jong Moslems op kerklike eiendom gekom en mense aangeval en die geboue afgebrand. Hierdie aanval het meestal onder die radar gegaan omdat niemand dood is nie. Nie alle geweld spruit uit godsdienstige oorsake nie. Volgens ABC News heers etniese spanning tussen die Berom-groep (wat meestal Christene geag word) en die grootliks Moslem Hausa- en Fulani-groepe. Bykomende toegang tot olie-inkomste dra by tot politieke spanning regdeur die land. Alhoewel alle aanvalle nie uit godsdiensverskille spruit nie, veroorsaak hulle baie twis en seer in slagoffers se lewens.
Bid: dat Christene sal voortgaan om in 'n positiewe gees van vergifnis te reageer en dat gewelddadigers gevang en vervolg sal word. (Jes.59:20-21)