Print this page

Nigerië: Meer Moslem-militante se moorde

Moslem-ekstremiste van die Boko Haram-sekte het ds David Usman (45) en die kerksekretaris Hamman Andrew in Maiduguri, in die noordooste van Nigerië se Borno-staat, vermoor. Hulle was die jongste slagoffers in 'n oplewing van Islamitiese militantheid wat Noord-Nigerië vanjaar verswelg het, wat gelei het tot die vernietiging van kerkgeboue en die dood en verminking van Christene wat vol vrees oor die geweld is. Boko Haram poog om sharia (Islamitiese wet) op Noord-Nigerië af te dwing, en Christene het teikens van Moslem-militante geword. Gelowiges voel nie meer vry in hul stad nie, en die meeste kerke doen nie meer erediens nie uit vrees om teikens van hierdie onuitgelokte aanvalle te word. Nigerië se Christene maak 51,3 persent van die bevolking uit en woon hoofsaaklik in die suide, en Moslems woon hoofsaaklik in die noorde. Compass Direct het ook op 14 Junie berig, 'Christelike gemeenskappe in Noord-Nigerië is besig om te verdwyn namate Islamitiese aanvalle Christene uit noordelike dorpe dryf'

Bid: God sal veroorsaak dat die Nigeriese regering die uitdaging van Boko Haram die hoof bied en beskerming bied aan onskuldige gemeenskappe. (Ps.5:10-12)

Meer: http://www.charismamag