Plateau State is geteister deur geweld sedert 18 Januarie, toe 200 Moslem-jeugdiges kerkgangers in die Nassarawa Gwong-area van Jos aangeval het. Twee joernaliste wat vir 'n Kerk van Christus in Nigerië werk, het die jongste slagoffers geword. Hulle lyke is op 25 April in die lykshuis van die Jos Universiteit Onderwyshospitaal gevind, 'n dag nadat hulle hul kantoor verlaat het om 'n onderhoud met 'n plaaslike politikus te voer. Kerkleiers gaan voort om nie-weerwraak te bepleit en ds Dr Pandat Yamsat het 'n beroep op kerklede gedoen om kalm te bly ten spyte van die sekuriteitsverval, en om uit te roep na God en Hom toe te laat om wraak te neem. Christian Solidarity Worldwide het 'n beroep op plaaslike owerhede gedoen om alle pogings aan te wend om die plegers van gewelddade op te spoor en bygevoeg: ''n Omvattende hersiening moet dringend onderneem word. Dit is 'n noodsaaklike voorvereiste vir die herstel van vrede in die gebied.'
Bid: dat God se Gees kragtig die gedagtes van almal wat in die Jos-area woon, sal beskerm. (Spr.14:33)