"Noord-Korea worstel met 'n ongunstige situasie, maar die regime se stywe greep op sy mense sal enige opstand in Arabiese styl voorkom," het Suid-Korea se minister van verdediging Woensdag gesê. "Die stand van sake in die Noorde is inderdaad ongunstig en enigiets kan daar gebeur," het Kim Kwan-Jin in 'n forum gesê. "Ons kan oorweeg of die Jasmyn-revolusie sy weg na Noord-Korea kan vind," het die minister bygevoeg. Die verarmde Noorde ly aan voortdurende voedseltekorte en reënbuie het hierdie maand baie gebiede geteister. Verenigde Nasies se agentskappe sê meer as ses miljoen mense benodig dringend voedselhulp. Die Suide, wat verlede jaar sy buurland vir twee dodelike grensvoorvalle blameer, weier om staatshulp te verskaf.
Bid: dat God weë sal oopmaak vir Christene om te dien waar hulp en hulpbronne te kort is. (Jes.32:3)
Meer: http://www.dawn.com/2011/07/20/n-korea-can-avert-uprising-s-korea-minister.html