Print this page

NIGERIA: Groot brand in die krotbuurt van Lagos

’n Massiewe brand het deur een van die armste voorstede in Lagos geruk, en dosyne vervalle huise en werkswinkels in die Ebute Metta-gemeenskap, langs die Lagos-strandmeer, waar saagmeulens hout verwerk, afgebrand. Die groot brand was die tweede groot een in die stad die afgelope weke. Op Tweede Kersdag het 'n massiewe ontploffing deur 'n pakhuis vol vuurwerke in 'n stampvol woonbuurt in Lagos-eiland geruk. Brand bly 'n groot gevaar in Nigerië, waar baie mense petrol en diesel in hul huise stoor om kragopwekkers vir elektrisiteit te laat loop.

Bid: vir diegene wat alles verloor het, met geen manier om 'n inkomste of 'n huis te herwin nie.

Meer: http://news.sky.com/story/1035313/huge-fire-rages-through-lagos-lagoon-slum