Minstens 20 mense, meestal studente, is deur onbekende gewapende mans in die noordooste van Nigerië by 'n studentekoshuis vermoor. Een inwoner van Mubi het gesê meer as 40 studente is dood, maar daar is geen amptelike dodetal nie. Die moord kom dae ná 'n groot operasie teen die Boko Haram-militante groep in die dorp. BBC Nigerië-korrespondent Will Ross sê selfoonmaste in die gebied is onlangs deur die militante aangeval, so om inligting van Mubi af te kry is moeilik. "Almal is bang." ’n Inwoner wat nie wil hê sy naam moet gebruik word nie, het aan die BBC gesê dat mans in militêre uniform die studente gevra het om in tou te staan en hul name te sê. Sommige is toe geskiet en ander met messe gesteek en hul liggame is in toue buite die geboue gelaat. Hy het gesê dit is nie duidelik hoekom sommige vermoor is en ander gespaar is nie. Sommige van die vermoordes was Moslems en ander Christene.
Bid: vir almal wat in vrees leef in Nigerië om daagliks 'n gevoel van God se teenwoordigheid in hul lewens te hê. Bid vir Nigerië om in die erfenis te kom wat God vir haar voorsien het. (Ps.27:13-4) & (Ps.35:20-23)