Nigerië: Gewapende mans en bomme

'n Selfmoordbomaanvaller in Damaturu Nigerië het minstens ses soldate en twee burgerlikes doodgemaak toe hy 'n motor in 'n militêre voertuig vasgery het wat deel was van 'n konvooi. Geen groep het gesê hulle het die bomaanval uitgevoer nie. Damaturu word gereeld deur Boko Haram aangeval. Sien: Negentien aanbidders is dood toe gewapende mans tydens hul Maandagaanddiens in Kogi-staat by Deeper Life Evangelical Church losgebrand het. Geen groep het nog verantwoordelikheid aanvaar nie, maar Boko Haram het die afgelope maande talle aanvalle op kerke in die noorde en sentraal-Nigerië geëis. Vier-en-twintig uur na die kerkaanval het gewapende mans na 'n plaaslike moskee gekom en probeer om hul pad in te dwing terwyl Moslems vir hul Tafsir-gebed bymekaargekom het. Hulle het losgebrand en twee soldate wat die perseel bewaak het, doodgemaak. Sien: Nigerië is Afrika se mees bevolkte nasie en grootste olieprodusent. Dit word rofweg verdeel tussen 'n Moslem-noorde en 'n Christelike suide.

Bid: dat Christen- en Moslemleiers in Nigerië se regering in staat sal wees om kalmte en 'n vreedsame naasbestaan te bewerkstellig. (Spr.29:4)

Meer: http://www.france24.com/en/20120807-nigeria-gunmen-storm-deeper-life-bible-church-okene-kogi-state-15-dead-boko-haram-unrest