Tien burgerlikes is dood nadat gewapende mans 'n kroeg in Sentraal-Nigerië se Plateau-staat bestorm en op klante losgebrand het, sê die owerhede. Volgens ooggetuieverslae het die aanvallers militêre uniforms gedra, maar die weermag het enige betrokkenheid ontken. 'Jy kan kamoefleerklere by die mark kry,' het 'n militêre woordvoerder aan die BBC Hausa-diens gesê. Honderde mense is die afgelope paar jaar in die Plateau-staat dood in botsings tussen mededingende etniese groepe. Die staat lê op die breuklyn tussen 'n hoofsaaklik Moslem-noorde en oorwegend Christelike en animistiese suide. Gevolglik het mededingende groepe, verdeel volgens godsdienstige, etniese en politieke lyne, die afgelope dekade by talle geleenthede in die streek gebots. Die kroegskietery het in die afgeleë dorpie Heipang in die hoofsaaklik Christelike Barkin Ladi-streek plaasgevind, het kapt Salisu Ibrahim Mustapha, weermagwoordvoerder, gesê. Geen verantwoordelikheid is tot dusver vir die aanval aanvaar nie.
Bid: teen hierdie voortdurende aanvalle deur diegene wat onder die dekmantel van die owerhede skuil. (Spr.26:24)