Nigerië: Regeringstaktieke en Moslem-bekeerlinge

President Goodluck Jonathan het sy minister van verdediging en nasionale veiligheidsadviseur afgedank en gesê die regering het nuwe taktieke nodig om Boko Haram teë te werk. Sedert 2001 toe Sharia-wetgewing in Noord-Nigerië ingestel is, is 13 750+ Christene vermoor. Sedert verlede Desember is 300+ kerke vernietig. Vyf miljoen Christene in Noord-Nigerië leef onder erge vervolging met Islamitiese groepe wat gereeld ultimatums aan Christengemeenskappe stel om die gebied te verlaat of te sterf. Christene ly aan aanvalle wat vooraf beplan en goed gekoördineer is. Daar is baie pogings om Christene te dwing om hulle tot Islam te bekeer onder die bedreiging van die dood. Baie het moedig as martelare gesterf eerder as om Christus te verloën. Maar – baie Moslems, beide vervolgers en diegene wat ontsteld is oor die gedrag van Jihadiste is die afgelope jare vir Christus gewen. Moslems kla dat Christelike Evangelisasie 'n groot bedreiging vir hulle geword het. Sien:

Bid: dat God vir president Jonathan en Nigerië se leiers die pad vorentoe sal wys en dat baie meer Moslems die enigste weg tot redding sal leer ken. (2 Thess. 3:1-2)

Meer: http://www.npr.org/2012/06/25/155710016/religious-violence-shakes-up-northern-nigeria