’n Tronkbreking deur ’n gewapende groep bekend as Boko Haram het vrese laat ontstaan vir hernieude geweld in die noorde van Nigerië net maande voor verkiesings. Die groep het Dinsdagaand 'n klopjag op die tronk in die dorp Bauchi uitgevoer en meer as 100 volgelinge bevry. Die aanval het die tronk in puin gelê en het gewys dat die groep, wat sharia (Islamitiese wet) in die land wil instel, toegang het tot die gesofistikeerde wapens wat nodig is om die tronkbewaarders te oorweldig. Die aanvallers het op die tronkbewaarders geskiet terwyl hulle Dinsdagaand hul daaglikse Ramadan-vas verbreek het. Owerhede het 13 verdagtes in verband met die tronkbreuk gearresteer, hoewel inwoners in en om Bauchi bang bly dat Boko Haram ander aanvalle sal loods. Boko Haram – wat beteken 'Westerse onderwys is sonde' in die (noordelike) Hausa-taal – is die skuld gekry vir onluste en aanvalle in die noorde verlede somer wat meer as 700 mense dood gelaat het.
Bid: dat die verwagte geweld nie sal plaasvind nie en dat die vyand verward sal wees. (Ps.7:9)
Meer:http://english.aljazeera.net/news/africa/2010/09/20109922058670653.html