Print this page

NIGERIA: Faktore wat gevegte aanwakker

Geweld neem toe in Nigerië. 'n Senior genoot vir Afrika-beleidstudies, het gesê hoewel godsdiens 'n verdelende kwessie bly, ontstaan konflik wanneer etniese, godsdienstige en ekonomiese grense saamval - aangesien hierdie faktore onderling verbind is. Nigerië is Afrika se mees bevolkte land, (165 miljoen mense) etniese en ekonomiese verskille is wydverspreid, (350 verskillende etniese groepe) met landbouloopbane wat wissel van boere tot veewagters. Dit is byna eweredig tussen suidelike Christene en noordelike Moslems verdeel. Daar is aansprake en teenaansprake met te veel woordvoerders van elke godsdiens wat mekaar met minagting aangaan. Nigerië wankel op die randjie. Die vraag is of dit gaan afval of nie. Die Christendom in die land is egter groot, lewendig en groeiend en voorbidders moet bekommerd wees oor Boko Haram wat die vrede van Nigerië ontwrig en die moontlikheid van burgeroorlog. Nigerië stuur duisende sendelinge regoor Afrika. Om dit te ontwrig, sou die verspreiding van die Evangelie oor die hele kontinent verhinder.

Bid: vir God se krag om te werk deur alle agentskappe wat na vrede werk, en mag die Kerk aanhou groei in krag, wysheid en gesag. (Spr.8:15-18)

Meer: http://www.christianpost.com/news/understanding-nigerias-raging-christian-muslim-conflict-65847/