Nigerië: Agt Christene vermoor

Christene in twee state van Nigerië het getreur oor die moorde op ten minste agt Christen-gelowiges, nadat Moslem-militante na bewering verskeie dorpe aangeval het.'Op die nag van 3 Julie het verskeie Moslems Kizachi-dorpie in Kaduna-staat aangeval en vyf Christene vermoor. Die Moslems het ook vyf Christelike huise afgebrand,' het International Christian Concern (ICC), 'n goed ingeligte voorspraakgroep, gesê. ICC het Nigeriese bronne aangehaal wat sê die polisie het op 2 Julie opgehou om die dorpie te beskerm omdat die regering nie hul salarisse betaal het nie. Daar was geen onmiddellike kommentaar van die Nigeriese polisie nie. In die tweede aanval, die nag van 4 Julie, het 200 Moslems, gewapen met gewere en kapmes, na bewering die Ganawuri-gemeenskap, naby die dorp Jos, binnegeval, wat die toneel was van vorige dodelike sektariese botsings. Drie Christene is gevrees dood in daardie geweld. Regte-aktiviste het gesê die jongste geweld het gekom op die hakke van 'n Islamitiese aanval op 7 Maart teen Christene in Jos. (Sien Gebedwaarskuwing 0610, 0710, 1110, 1210, 1310 en 1510)

Bid: vir God se lewegewende Gees om die duisternis wat oor die streek sweef binne te val en genesing en versoening te bring. (Jes.42:16)

Meer: http://www.worthynews.com/8499-eight-christians-killed-in-nigerian-muslim-attacks