Paasfeesgeweld het 80 dood en 4 500 ontheem gelaat. Op Paassondag het Moslem-veewagters drie Christelike gemeenskappe van die Ataka-groep in 'n afgeleë gebied van die Kaduna-staat aangeval. Owerhede het gesê gevegte tussen Moslem-veewagters en Christelike dorpe het die afgelope dae byna 60 mense doodgemaak. Ná Sondag se geweld het duisende dorpenaars na die nabygeleë heuwels gevlug. Plaaslike regering het geraam dat 4 500 mense ontheem is en twee kampe is opgerig om hulle te huisves. Sommige wat teruggekeer het om die skade te bepaal, is ook volgens Christian Solidarity Worldwide vermoor. Aanranders het verskeie huise verwoes. Baie ontheemdes bly in die plaaslike Laerskool en in nabygeleë dorpe. Die jongste geweld het gekom nadat 36+ mense gesterf het en dosyne huise in die naburige Plato-staat verbrand is toe etniese Fulani-Moslems Christendorpe in die Heilige Week toegeslaan het. Die sistematiese wyse waarop hierdie aanvalle nou plaasvind, dui op 'n groter mate van organisasie as wat voorheen die geval was.
Bid: vir die families van diegene wat hul lewens verloor het en bid dat die staatsregerings dringende bystand sal verleen aan die beseerdes en ontheemdes. (Ps.140:6-8)