Nigerië: Tientalle gedood in nuwe aanvalle

Sowat 40 mense is dood in gekoördineerde aanvalle op vier dorpies wat deur Christene in die sentrale Nigeriese staat Plato gedomineer is. Plaaslike bronne wat deur World Watch Monitor gekontak is, berig dat die aanvallers, vermoedelik lede van die Fulani-stam, Dinsdagoggend omstreeks 02:00 die Berom-gemeenskappe in die dorpies Katu Kapang, Daron, Tul en Rawuru aangeval het. Kaptein Salisu Mustapha, mediabeampte van die regering se spesiale taakmag (STF) in Jos, het in 'n verklaring gesê die 'aanvallers het 13 mense in Katu Kapang, agt in Daron, nege in Tul en sewe ander in Rawuru doodgemaak. Sowat vyf ander het ook beserings opgedoen.” Die wat dood is, sluit in 'n eenjarige seun wat van naby geskiet is, 'n vierjarige en verskeie vroue en ander kinders, het dorpenaars aan plaaslike media gesê. Die Voorsitter van die Staatsafdeling van die Christelike Vereniging van Nigerië (CAN), ds Soja Bewarang, het in 'sterk terme' die 'barbaarse daad' waarin swanger vroue en kinders vermoor is, veroordeel.

Bid: daar sal oplossings gevind word om die aanvalle van terroriste in Nigerië te stop. (Det.22:26)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/dozens.killed.in.fresh.attacks.in.central.nigeria/34862.htm