Moslem-veewagters en soldate het die afgelope week minstens 45 etniese Berom-Christene in die Plato-staat vermoor. Kleiner aanvalle wat op 20 November begin het oor bewerings deur Fulani-Moslems van veediefstal het 'n aanval op 'n kerk op 23 November voorafgegaan wat vier Christene doodgemaak het, en 'n aanranding die volgende dag het 35 Christene dood gelaat. Duisende Christene vlug omdat hulle geen gewere het om teen aggressiewe Moslems met gewere terug te veg nie. Byna alle Christene het na Jos gevlug of Plato-staat verlaat. In Donderdag se aanval het die Fulani-Moslems 'Allahu Akbar' (God is groter) geskree. Alhaji Kasimu is een van die leiers van die Moslem-gemeenskap in Barkin Ladi wat verantwoordelik is vir die bewapening van Moslems om Christene aan te val.
Bid: dat die duisende ontheemde Christene God se voorsiening en beskerming sal ken en dat veiligheidsinstansies die nodige stappe sal neem om geweld te bekamp. (Ps.71:1-4)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/nigeria/article_123658.html