Print this page

NIGERIA: Bomme maak 24 dood in hoofsaaklik Christelike gebied

Kano is een van die stede wat die ergste getref is tydens Boko Haram se opstand, ondanks die onlangse stilte. Vier bomontploffings het Dinsdag deur 'n hoofsaaklik Christelike gebied geruk wat 24 mense dood en 3 ernstig beseer gelaat het. ’n Klein kerkie was moontlik onder die teikens. Inwoners het die gebied beskryf as besaai met die persoonlike besittings van diegene wat in vrees en verwarring gehardloop het toe die ontploffings begin het. Minstens drie skole is die afgelope weke in die noordooste van Nigerië deur vermeende Boko Haram-lede aangeval. Oor die naweek het botsings tussen 'n vigilante-groep en Boko Haram-lede ten minste 20 mense in die dorpie Dawashe in die Borno-staat dood gelaat. Die opstand het na raming meer as 3 600 lewens geëis sedert 2009, insluitend moorde deur die veiligheidsmagte.

Bid: vir almal wat onvermoeid werk om gemeenskappe wat deur geweld geraak word te ondersteun, mag hulle mense se hoop herstel. Mag God hulle lei, onderhou en versterk terwyl hulle stukkende mure herstel. (Jes.58:12)

Meer: http://uk.news.yahoo.com/nigeria-bombs-kill-12-mainly-christian-area-095440715.html#BFwMTVL