'n Staatspolisiehoof het Dinsdag gesê dat lede van 'n Moslemgroep plaaslik bekend as Boko Haram bomme by twee polisiestasies en by St Patrick's Church in die stad Maiduguri laat ontplof het en tot elf mense doodgemaak het. Die veelvuldige ontploffings kom 'n dag nadat gewapende mans op motorfiets 'n geestelike van 'n mededingende sekte doodgeskiet het. Die polisie blameer Boko Haram ook vir die moord op die geestelike Maandag by sy huis omdat hy krities was oor Boko Haram se geweld. Boko Haram het aangedring op die implementering van sharia in die Borno-staat. Die groep het belowe om aan te hou om mense dood te maak wat glo die instelling ondersteun totdat sharia saam met ander eise aanvaar word.
Bid: dat spanning gekalmeer word, vrees verwyder word en Boko Haram se invloed verminder word. (Ps.140:8)
Meer: http://english.aljazeera.net/news/africa/2011/06/201167223659877448.html