Bekommerd oor die aktiwiteite van Islamitiese fundamentalistiese groepe, het die Katolieke Biskoppe-konferensie van Nigerië gevra vir meer waaksaamheid deur die federale regering om die stygende golf van terrorisme te kontroleer. "Om meer waaksaam te wees, veral by die grense, sal die land help om enige buitelandse borge van terroriste-aktiwiteite in Nigerië skaak te maak," het die Katolieke Biskoppe gesê in 'n kommunikasie wat op 14 September uitgereik is aan die einde van hul konferensie in Umahia in Oos-Nigerië. Die Nigeriese regering het geveg teen die radikale Islamitiese groep wat alom bekend staan as Boko Haram, wat verantwoordelik was vir verskeie terreuraanvalle in die noordelike dele van die land waarin honderde mense, veral Christene, vermoor en baie kerke vernietig is. Die biskoppe se oproep kom op die hakke van geesdriftige pogings deur die federale regering om die verspreiding van anti-Amerikaanse protes deur Moslems te voorkom oor 'n film wat na bewering die profeet Mohammed beledig het.
Bid: teen die terreuraktiwiteite wat in Nigerië plaasvind en bid dat die radikale elemente beheer sal word. (2Kor.11:28)