NIGERIA: Minstens 160 sterf hierdie week in terreurverwante geweld Minstens 160 mense is dood in terreurverwante geweld hierdie week in Nigerië se Yobe en Borno State. Volgens 'n nuusverklaring van Christian Solidarity Worldwide (CSW) het Boko Haram-lede, gewapen met Kalasjnikofs, vuurpyllanseerders en tuisgemaakte bomme, op die aand van 18 September die Yadi Buni Town in Yobe-staat bestorm. Hulle het die plaaslike regering se hoofkwartier en die huis van die afdelingspolisiehoof, wie se vrou in die gebou doodgebrand het, aan die brand gesteek. Die seun van die Yobe Peoples Democratic Party (PDP) se jeugleier is glo ook dood, terwyl een soldaat en nege sektelede in 'n daaropvolgende skietgeveg gesterf het. Op 17 September is 143 pendelaars dood en verskeie ontvoer toe goed gewapende Boko Haram gewapende mans vroegaand voertuie langs die besige Maiduguri na Damaturu Express Way in 'n lokval gelei het. Reisigers is glo gevra om hul ID-kaarte te toon, toe in tou gestaan en geskiet.
Bid: dat maniere gevind sal word om 'n einde te maak aan die vyandighede en vrede vir hierdie benoude nasie. (Ps.7:9)