NIGERIA: Appèl vir gebede

Christene word gevra om vir Nigerië te bid na 'n naweek van dodelike aanvalle. Ses mense is dood toe gewapende mans op 23 Februarie die hoofsaaklik Christelike dorpie Aduwan Gida in die Zangon Kataf Plaaslike Regeringsgebied (LGA) van Suid-Kaduna aangeval het. Die slagoffers was dorpenaars wat bymekaargekom het om die dood van 'n bejaarde lid van die gemeenskap te betreur. Die gewapende mans het die groep omstreeks 22:00 aangeval. Die slagoffers het glo 'n ma en haar ses maande oue baba ingesluit. Die beseerdes word behandel in hospitale in Kaduna en Plateau State Christian Solidarity Worldwide-Nigeria, het gesê die aanval lyk soos dié van Boko Haram die afgelope jare. "Dit is jammer dat ons, ná die aankondiging van 'n wapenstilstand deur elemente van Boko Haram, steeds aanvalle ervaar wat na hul operasiestyl lyk," het hy gesê. 'Ons vra vir voortgesette gebede vir Nigerië en doen 'n beroep op kerke om waaksaam te wees met betrekking tot sekuriteit, veral as die Paastyd nader kom.'

Bid: vir die familielede van alle gesinne wat deur 'onbekende aanvallers' regoor Nigerië vermoor is, mag hulle God se vrede en vertroosting ken. Bid ook vir veiligheidsmagte om voldoende beskerming te gee. (Ps.23:4)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/appeal.for.prayers.for.nigeria.after.deadly.attacks/31718.htm