NIGERIA: Anglikaanse biskop ontvoer

Die dekaan van die Anglikaanse Kerk van Nigerië, aartsbiskop Ignatius Kattey, is Vrydag omstreeks 22:30 ontvoer toe hy in die geselskap van sy vrou, Beatrice, van Eleme na Port Harcourt gereis het. Daar is verneem dat die ontvoerders later die biskop se vrou bevry het ná 'n jaagtog deur die polisie. Die biskop is na 'n onbekende bestemming geneem. 'Dit was die agtervolging deur die polisie wat die ontvoerders gedwing het om die vrou te laat vaar. Die polisie fynkam steeds die as. Hy sal binnekort ongedeerd beveilig word. Ek bedoel baie gou. Ek glo God sal ons bystaan en ons sal hom red.' 'n Senior lid van die Anglikaanse Kerk het gesê geen kontak is met die verdagtes bewerkstellig nie, en het bygevoeg dat die verblyfplek van die biskop nog onbekend is. Soos teen druktyd is geen losprys-eis deur die ontvoerders gemaak nie. Kerklede het gesê hulle bid vir die slagoffer se onvoorwaardelike vrylating en sal nie daaraan dink om enige losprys te betaal nie.

Bid: dat aartsbiskop Kattey ongedeerd sal wees en binnekort vrygelaat sal word. (Ps.146:7)

Meer: http://www.ngrguardiannews.com/national-news/132213-anglican-bishop-kidnapped-in-rivers