Hoop vervaag om oorlewendes onder ineengestorte geboue te vind in die nasleep van Dinsdag se aardbewing in die Nieu-Seelandse stad Christchurch Agt-en-negentig liggame is nou teruggevind en na 'n tydelike lykshuis geneem. Eerste Minister John Key het gesê dat die getal aansienlik kan styg. Die polisie het gesê 226 mense word vermis – tot 120 van hulle op een plek alleen. Superintendent Dave Cliff het gesê 16 tot 22 mense is vermoedelik dood in die katedraal, wat in die aardbewing verwoes is. Die aardbewing het Dinsdag vroegmiddag op 'n vlak diepte van 5 km (3.1 myl) getref, toe die Suid-eiland-stad op sy besigste was. Dit was Christchurch se tweede groot bewing in vyf maande, en Nieu-Seeland se dodelikste natuurramp vir 80 jaar
Bid: dat God se stem in hierdie tyd deur Sy mense sal spreek wat hoop en vertroosting gee en Christus se deernis in gedagtes, woorde en dade demonstreer. (Ps.116:8)