Nairobi: Hulp geblokkeer

Al Shabaab, 'n Islamitiese militante groep het beweer dat drie agentskappe Christenskap propageer en hul werk gestaak het. 'Noudat hulle hul werk opgeskort het, is dit die plaaslike mense wat sal ly,' sê die pastoor wat nou in ballingskap is, van 'n klein Christelike gemeenskap in Somalië. Op 8 Augustus het die Islamitiese groep geëis dat World Vision, die Adventist Development and Relief Agency, en Diakonia, 'n Sweedse agentskap, onmiddellik bedrywighede in Somalië staak.

Bid: dat God die groepe in Nairobi en elders sal beskerm en in Sy volmaakte vrede bewaar wat emosionele, fisiese en geestelike lewensmiddele bring waar militante Islam dreig. (Ps.26:1, 12)

Meer: http://www.eni.ch/