Myanmar: Veg op die Thaise grens

Gevegte het Sondag uitgebreek en duisende het na Thailand gevlug toe Mianmar se militêre regering sy eerste verkiesing in twee dekades gehou het. (Sien Gebedswaarskuwing 4410 oor Christelike minderhede in Mianmar). Myanmar se amptenare beweer dat hulle beheer oorgeneem het ná die naweek se botsings. Op grond van hierdie verslag stuur Thaise owerhede meer as 10 000 mense huis toe, maar baie is bekommerd oor verdere botsings. Die koördineerder van die Myanmar Partnership Coalition het berig: 'Baie wat uit die gevegte gevlug het, voel nie veilig om terug te gaan nie. Ek wens net dat die Thaise owerhede hulle nog nie teruggestuur het nie. Dit is te gou om seker te maak of hulle veilig sal wees of nie.' Sommige bote het mense na Myanmar vervoer en toe vol mense na Thailand teruggekom. Duisende mans, vroue en kinders skuil onder blou tente wat op 'n sokkerveld langs 'n grenspatrolliepolisiestasie opgerig is, terwyl vuurpylgranate steeds naby hul huise afgevuur is.

Bid: dat die bakleiery tot ’n einde sal kom, dat winkels weer sal oopmaak en dat mense sal voel dis veilig genoeg om terug te keer. (Mt.7:7 & Ps.4:8)

Meer: http://www.voanews.com/english/news/Troops-Regaining-Control-in-Eastern-Burma-106945193.html