Marokko: Fatwa eis doodsvonnis vir Christen-bekeerlinge

Op 25 April het Marokko se hoogste Islamitiese instituut 'n fatwa uitgereik waarin die doodstraf geëis word vir Moslems wat hul godsdiens verloën. Die Hoogste Ulema Raad van Marokko (CSO), 'n liggaam van Islamitiese geleerdes onder leiding van koning Mohammed VI het gesê dat Moslems wat hul geloof verwerp 'tot die dood veroordeel moet word'. CSO is die enigste instansie wat geregtig is om 'fatwas' (godsdienstige dekrete) in Marokko uit te reik. Die ministerie van Islamitiese sake wou nie kommentaar lewer oor die kwessie nie en 'n senior menseregtebeampte in die Marokkaanse regering het berigte ontken dat die regering 'n fatwa oor 'afvalligheid' ontvang het. Die verskillende stellings kon nie onmiddellik versoen word nie, maar plaaslike Christene het kommer uitgespreek oor die situasie en gesê dit kan lei tot 'n nuwe onderdrukking van die land se klein Christelike gemeenskap van 22 000 mense in 'n nasie van 32 miljoen. "Daar is tans baie verwarring en bespreking in Marokko oor die fatwa," het 'n pastoor van Marrakech gesê.

Bid: dat die fatwa nie goedgekeur sal word nie en dat Christene beskerm sal word teen teistering en arrestasie. (Ps.90:17)

Meer: http://www.bosnewslife.com/28041-morocco-fatwa-emands-death-sinence-for-christian-converts